WELKOM!

Boesmanskloof McGregor Akkommodasie

Onverwacht Huisies en Eagle’s Nest Huis grens altwee aan die Boesmanskloof Staproete ook genoem die “Greyton - McGregor” Hike.

Die 2 akkommodasie plekke verskaf blyplek aan die avontuurlistige avontuursoekers wat wil stap,bergfiets ry of net eenvoudig om deur die rustigheid van die natuur bederf te word.

Die Gobos rivier met sy vele watergate vloei deur Onverwacht Flora en Eagle’s Nest na Greyton

Onverwacht en Eagle verskaf saam n eenheid en openbaar vele uitdagings omdat die 2 akkommodasie plekke 1,3km vanaf mekaar geleë is en grens aan mekaar.Altwee bied net soveel meer aktiwiteite aan a.g.v makliker keuses om die natuur te geniet!

Onverwacht en Eagle’s Nest is met mekaar verbind deur n voetpad “Two Seasons” met ongelooflike 3 dimensionele uitsigte wat oneindig vêr strek oor die dorpe van die R62(die land se grootste wynroete),die Overberg en die Boesmanskloof Staproete.

Die belangrikste inligting

Jammer geen Troeteldiere..

Aandag – Om u bespreking met ons te bevestig.

Bevestig jou bespreking dadelik per epos. na info@boesmanskloofmcgregor.com Sluit in u naam,van en sel nr. (asb)

50% deposito moet asb. betaal word binne n bestek van 3 dae vanaf bevestiging van u verblyf.

Epos asb jou bewys van betaling onmiddelik na info@boesmanskloofmcgregor.com omrede dit jou bewys van jou bespreking is.

Ons beskik nie oor kaart fasiliteite nie daarom moet die uitstaande balans per eft gedoen word voor u aankoms(epos asb. bewys van betaling!) of kontant met aankoms.

NB-Ons Boesmanskloof Staproete gaste moet hul balans van verblyf 3 dae voor aankoms betaal (epos betalings bewys asb) .

Indien u deposito onmoontlik is om te maak in 3 dae se tyd kan u die nodige reelings tref met u betaling om u verblyf te verseker.


Tarief - Eagle’s Nest Huis- R300 p.p.p.n/ R150 p.p.n vir 12 jr en jonger.

R900 p.n indien u net 2 persone per nag is.

Beddegoed en handoeke ingesluit by Eagle’s Nest.


Onverwacht Huisies - R150 p.p.p.n wat n huisie deel.

Indien net 2 persone per huisie is tarief - R400 p.n per huisie

R60 p.n vir kinders 12 jr. en jonger p.n

Beddegoed en handoeke ekstra. Dubbelbed – R60. Enkelbed – R40

Reel asb 3 dae voor die tyd vir beddegoed en handoeke

Dankie vir u samewerking!

Japie en Sandra Oosthuizen

Landlyn:023 625 1667

Japie Sel: 082 894 1462

Sandra Sel: 072 514 4209

Indien ons u nie kan akkommodeer nie is u welkom om na ons seun Bernardo se huur huis Welgedaan Akkommodasie te kyk. Ook n stukkie paradys om te geniet!

Dankie vir u ondersteuning!

Japie en Sandra Oosthuizen

N Heerlike uitstappie!!

Sirkel Roete om aan te pak tussen die 2 akkommodasie plekke.

Onverwacht Views

Bobbejaansgat op sy mooiste vandag vanaf die huisies geneem.

McGregor na Greyton Stap.

Ons kinders Retief en Jana Oosthuizen het gister die tog aangepak Greyton toe. Hulle het oornag by die Eco Lodge op Greyton.Ons het hulle vandag daar gaan haal. Ek het my verwonder aan die ongelooflike skoonheid van die Riviersonderend Berge aan die Greyton kant. Die groen bergreeks was so asemrowend mooi dat en nie eers n foto geneem het nie maar net gestaar het na die berge. Greyton self is n pragtige dorpie. Ek het opnuut respek gekry vir die massiewe Riviersonderend Bergreeks waarin ons natuurlik ook gelee is. Die berg reeks skei ons 2 dorpe Greyton en McGregor van mekaar.